landbou Profile Banner
landbou.com Profile
landbou.com

@landbou

Followers
20K
Following
3K
Statuses
42K

https://t.co/jiEySVrM5x is Landbouweekblad se webwerf - Boer op ons werf

Cape Town
Joined February 2009
Don't wanna be here? Send us removal request.
@landbou
landbou.com
59 minutes
Gert Malherbe en sy skoondogter, Leslé, vooraanstaande Suffolk-telers van die Gersuré-stoetery, Hertzogville, het topteelmateriaal op die veiling van Vredesig en Vriende aangeskaf op 7 Februarie by die Be Human-kompleks noord van Bloemfontein.
0
1
1
@landbou
landbou.com
59 minutes
RT @marieke_snyman: Ons is besig om die tweede reeks TLB vir ‘n boer op te neem. Dit is ‘n lekker dag en lekker weer. #watchthisspace @land
0
2
0
@landbou
landbou.com
5 hours
Al klink dit logies dat bestuiwing deur bye in vrugteboorde beter sal wees as daar minder mededinging in blomtyd is, blyk dit dat ’n groter verskeidenheid kos dit vir bye aanlokliker maak om daar te bly en te werk.
0
1
3
@landbou
landbou.com
5 hours
Dr. Johann van der Merwe, uitvoerende hoof van AMT, deel die jongste inligting oor neigings en pryse op die varsproduktemarkte.
0
1
3
@landbou
landbou.com
18 hours
Dís Vox Weather se weervoorspelling vir Dinsdag, 11 Februarie 2025.
0
1
2
@landbou
landbou.com
19 hours
Daar is wydverspreide kommer oor wat die impak op verskeie bedrywe kan wees as pres. Donald Trump sou besluit om die Agoa-handelsooreenkoms te herroep. Dit is egter nog nie tyd om paniekerig te raak nie en eerder belangrik om koelkop te bly.
0
1
2
@landbou
landbou.com
20 hours
KYK | Die plaaslik vervaardigde Wuhlf JX450 TLB staan nie ’n tree terug vir sy buitelandse eweknieë nie. Trouens, as daar ’n grondverskuiwingswerktuig sonder enige nonsens vir plaaswerk benodig word, is die JX450 ’n logiese keuse.
0
1
1
@landbou
landbou.com
20 hours
KYK | ’n Baie tevrede Heinrich Mulke van die Williet Boerdery buite Douglas, ’n streek bekend vir uitdagende weerstoetande sê Pannar se bastergeelmielie-kultivar PAN 3P-924PW is die mielie om mee te boer. @PannarSeedZA
0
1
2
@landbou
landbou.com
20 hours
Al is daar soms erge wind by Douglas, en ongeag nat of droë, koue of warm toestande, bly Pannar se geelmieliebaster PAN 3P-924PW stewig staan en presteer beter as ander basters by hierdie boer. @PannarSeedZA
0
1
3
@landbou
landbou.com
20 hours
Om ’n groot bohaai oor die Onteieningswet te maak, sal niks bereik nie en moontlik meer verwarring veroorsaak, meen die georganiseerde landbou. Die regte prosesse moet eerder gevolg word.
0
1
1
@landbou
landbou.com
22 hours
Pres. Donald Trump se aankondiging dat finansiële hulp aan Suid-Afrika opgeskort word en dat boere en Afrikaners voorts vlugtelingstatus in Amerika sal geniet, het uiteenlopende reaksies van landbou-organisasies ontlok.
3
1
2
@landbou
landbou.com
1 day
Hulle het aan die top-landbouskole in die land gematrikuleer en waardevolle kennis opgedoen, wat hulle hoop die weg vir hulle in die nuwe jaar sal baan. het met 4 landbouskole se toppresteerders oor hul planne vorentoe gesels.
0
2
3
@landbou
landbou.com
1 day
Wanneer ’n droogte se stert te uitgerek raak, moet ’n boer sy wegsteekplannetjies begin uithaal om sy diere deur die krisis te kry. Die veiling word vandag nog aangebied.
0
2
5
@landbou
landbou.com
1 day
Die ontwikkeling van boerdery in die dorre binneland van Suid-Afrika is ewe veel te danke aan die ou stamperboormasjiene as aan vastrap-konsertinas.
0
0
1
@landbou
landbou.com
2 days
’n Landbou-onderneming wat deur kommersiële boere op die been gebring is, het sedert 2015 ontwikkel tot ’n landbou-reus wat boere in van die groot graanproduksieprovinsies ondersteun om produksiemiddele en dienste teen die mees bekostigbare pryse te bekom.
0
2
5
@landbou
landbou.com
3 days
’n Man van KwaZulu-Natal is Vrydag 15 jaar tronkstraf opgelê vir bedrog van R1,5 miljoen by dié provinsie se departement van landbou. Sy medebeskuldigde dien reeds ’n vonnis van 16 jaar uit.
0
1
2
@landbou
landbou.com
4 days
In die lig van die toenemende wêreldwye onstabiliteit moet Suid-Afrika alles in die stryd werp om sy ekonomie se mededingendheid te verhoog en ook daad by die woord voeg met die beloftes wat in die staatsrede gemaak is.
0
1
3
@landbou
landbou.com
4 days
Jacques Strydom (54), bekende Bloemfonteinse sakeman, boer en eienaar van die Be Human-onthaalkompleks waar verskeie nasionale veeveilings gehou word, is oorlede.
0
1
1
@landbou
landbou.com
4 days
Ondanks probleme wat in sommige bedrywe ondervind word, sal die landbousektor na verwagtingvanjaar met minstens 3,5% groei met meer as die helfte van alle produkte wat vir uitvoermarkte bestem is.
0
1
1
@landbou
landbou.com
4 days
Tru-Cape Fruit Marketing nooi die publiek om sy erfenisboord op die Oak Valley-landgoed buite Grabouw te besoek vir ’n gratis begeleide toer van sy geskiedkundige appel- en peerbome.
1
1
2