eNuus Profile Banner
eNuus Profile
eNuus

@eNuus

Followers
34K
Following
212
Statuses
26K

eNuus bied jou 365 dae van die jaar onafhanklike en geloofwaardige nuusdekking in Afrikaans.

South Africa
Joined August 2011
Don't wanna be here? Send us removal request.
@eNuus
eNuus
17 hours
VIDEO: AfriForum het gereageer op pres. Donald Trump se besluit om Suid-Afrika te straf vir die Onteieningswet, en sy aanbod aan Afrikaners om hulle as vlugtelinge in die VSA te vestig. #eNuus @eNCA @kykNETtv @kykNETkie
0
0
0
@eNuus
eNuus
17 hours
VIDEO: AfriForum: Daar is net een mens wat die skuld moet kry vir die Withuis se jongste uitvoerende bevel wat die geldkraan vir Suid-Afrika toedraai. Dit moet vierkant op die skouers van pres. Cyril Ramaphosa rus. #eNuus @eNCA @kykNETtv @kykNETkie
0
0
4
@eNuus
eNuus
2 days
VIDEO: 'n Pakistani gesin is rasend van bekommernis, nadat hul negejarige dogter in Oos-Londen ontvoer is. Iman Ghumman van Buffalo Flats is deur 'n groep mans gegryp voor die skool wat haar pa, Naeem, in 2020 gestig het. #eNuus @eNCA @kykNETtv @kykNETkie
0
0
0
@eNuus
eNuus
4 days
VIDEO: Om hardop vir kinders te lees kan Suid-Afrika se leesprobleem help oplos. Die ATKV het die 15de Wêreldhardopleesdag saam met Tippie die olifant by die Laerskool Fontainebleau in Johannesburg gevier - #eNuus @eNCA @kykNETtv @kykNETkie @greganeugenie
0
0
2
@eNuus
eNuus
5 days
VIDEO: Die Liebenbergs het Dinsdag vlugtig saam met hulle sewe medebeskuldigdes in die Bronkhorstspruit-landdroshof verskyn. Louis Liebenberg sal na verwagting in April sy borgtogaansoek voortsit - #eNuus @eNCA @kykNETtv @kykNETkie @greganeugenie
0
0
1
@eNuus
eNuus
5 days
VIDEO: Inwoners van Nelson Mandelabaai se noordelike gebiede is vasberade om bendegeweld in hul gemeenskappe hok te slaan. Hulle het weereens die strate ingevaar om teen geweld te betoog - #eNuus @eNCA @kykNETtv @kykNETkie
0
0
2
@eNuus
eNuus
6 days
VIDEO: Die inhoud van die volgende berig kan kykers ontstel. Die Randburg-landdroshof in Gauteng het ontstellende inligting gehoor in die saak oor miljoene foto's en video's van kinders wat seksueel misbruik word. #eNuus @eNCA @kykNETtv @kykNETkie
0
0
0
@eNuus
eNuus
6 days
VIDEO: Donald Trump het die SA regering daarvan beskuldig dat hulle grond konfiskeer en “sekere klasse mense” sleg behandel. Om dit te ontleed het eNuus met die politieke ontleder dr. Oscar van Heerden gesels. #eNuus @eNCA @kykNETtv @kykNETkie
2
0
1
@eNuus
eNuus
7 days
VIDEO: Hoewel buitelandse hulpverlening gedeeltelik deur die VSA hervat word, is dit nog onduidelik watter programme mag voortgaan, en watter nie. eNuus het die kwessie met Mia Malan van die Bhekisisa-sentrum deurgetrap. #eNuus @eNCA @kykNETtv @kykNETkie
2
0
2
@eNuus
eNuus
7 days
VIDEO: Gemeenskapsaktiviste beskuldig die Swartlandmunisipaliteit in die Wes-Kaap van menseregteskendings. Dit omdat die gemeenskap van Silver Town al vir meer as 'n week lank nie lopende water het nie. #eNuus @eNCA @kykNETtv @kykNETkie
1
0
1
@eNuus
eNuus
7 days
VIDEO: Danksy 'n hipermoderne teleskoop in die Noord-Kaap kan wetenskaplikes nou ruimteraaisels begin oplos wat voorheen verborge was. Die multimiljoenrandse PRIME-teleskoop is in Sutherland bekendgestel. #eNuus @eNCA @kykNETtv @kykNETkie @KevinJohnBrandt
0
0
1
@eNuus
eNuus
10 days
VIDEO: 'n 36-jarige man het in verband met 'n dubbele moord in Centurion in die Pretoria-landdroshof verskyn. Raymond Smith word daarvan beskuldig dat hy 'n gesin in die woonbuurt Lyttleton Manor aangeval het. #eNuus @eNCA @kykNETtv @kykNETkie
0
0
1
@eNuus
eNuus
11 days
VIDEO: ‘n 28-jarige Suid-Afrikaanse soldaat, Louis Moagi, is tydens hewige gevegte met M23-rebelle in Goma, in die Demokratiese Republiek van die Kongo, dood. #eNuus @eNCA @kykNETtv @kykNETkie
0
0
0
@eNuus
eNuus
11 days
VIDEO: Ten spyte van 'n beduidende styging in besoekersgetalle die afgelope feestyd, het misdaadvoorvalle op Tafelberg afgeneem. Owerhede van die park het die samewerking tussen lug- en grondspanne hiervoor geloof. #eNuus @eNCA @kykNETtv @kykNETkie
0
0
0
@eNuus
eNuus
12 days
VIDEO: Die blomme, by die Vergelegen Wynlandgoed, is besig om talle besoekers vanoor die land te lok. Dis op 'n stuk grond van een hektaar en is deel van die jaarlikse Sonneblomfees. #eNuus @eNCA @kykNETtv @kykNETkie @KevinJohnBrandt
0
0
1
@eNuus
eNuus
12 days
VIDEO: Die Solidariteit-skole-ondersteuningsentrum het hul verslag oor 2024 se matriekuitslae by die Hoërskool Waterkloof, in Pretoria, bekendgestel. #eNuus @eNCA @kykNETtv @kykNETkie
0
0
0
@eNuus
eNuus
13 days
VIDEO: Die MK-party sê die huidige regering sluit miljoene Suid-Afrikaners uit en kan daarom nie 'n regering van nasionale eenheid genoem word nie. Die party wil die SAUK dwing om nie meer na die RNE te verwys nie. #eNuus @eNCA @kykNETtv @kykNETkie
0
1
1
@eNuus
eNuus
13 days
VIDEO: Sommige inwoners van Kaapstad sê stygende misdaadvlakke het 'n vernietigende impak op hul lewens. Die Polisie sê hulle werk daaraan om boosdoeners aan die pen te laat ry. #eNuus @eNCA @kykNETtv @kykNETkie @KevinJohnBrandt
0
1
2
@eNuus
eNuus
15 days
VIDEO: Seldsame munte wat uit die destydse Zuid-Afrikaansche Republiek dateer is opgeveil. Die veiling word aanlyn deur Bassani's Auction House aangebied en pryse van tussen R50 000 en R100 000 is verwag. #eNuus @eNCA @kykNETtv @kykNETkie
0
0
0
@eNuus
eNuus
17 days
VIDEO: Die groot rede vir Prinses Anne se tweedaagse besoek aan Kaapstad was om die nuwe gedenkteken van die Statebondoorlogsgrafte-kommissie in die Kompanjiestuin te open - #eNuus @eNCA @kykNETtv @kykNETkie @ayeshaismail786
0
0
0